Kerriehoender

home > recepten-uit-zuid-afrika > Kerriehoender

Sny die hoender in porsies en geur met sout en peper. Plaas in ‘n groot kastrol, voeg die wyn en water by, bedek en prut 1-1½ uur lank of tot sag. Verhit die botter in ‘n braaipan en soteer die ui tot deurskynend. Meng die asyn, appel, kerriepoeier en suiker en voeg by die ui. Roer 1-2 minute lank oor matige hitte en voeg dan by die hoender. Verhit tot kookpunt en kook 5 minute lank. Meng die suurlemoensap en meelblom tot ‘n pasta en roer dit by die hoender. Prut sowat 5 minute lank.
Sit dit dan voor saam met rys, met geroosterde amandelvlokkies bo-op en sambals na keuse.





Ingrediënten voor 4 personen

Voor 6 (zes) personen:
1,5-2 kg hoender – 10 ml sout – 2 ml gemaalde peper – 200 ml droë witwyn – 125 ml water – 25 ml botter – 1 groot ui, gekap – 25 ml asyn – 1 groot groen appel, geskil, ontpit en gerasper – 20 ml kerriepoeier – 10 ml suiker – 15 ml suurlemoensap (citroensap) – 15 ml koekmeelblom

Hierdie resep stam af van ‘n ou Kaapse, een wat tamarynwater in plaas van asyn gebruik het.